'n Bok wie Blêr

Posted by: bmx321nc in Untagged  on Print PDF

bmx321nc

 

an oldie for the newbies...

 

'n Bok wie Blêr!

 

F*k!

Bring die skaap skêr...

 

Okay,

I take it you don't like me

Ek's nie die original vannie species nie

Maa face it;

Was dit nie vir jou aankoms,

Sou ek nie nou hie staan nie!

 

Ja, ek het dit gesê

En ek sê dit vi

 

Al die majimbos innie kassie

Die outies by die Civic met die harde maa'zie

En die girlas in die club, loud en proud, doing it for TV!

 

Jy's net naar ons sê nie wee ‘BAAS' nie!

 

You send me away

Doer vêr by die as tiepe en myn hiepe

At night as ek slaap

Droom ek van planes, ek hoor die treine

Van kleins af ge-train

Come to accept -

Ek's nes jy... net bruin!

 

Ja, ek het dit gesê

En ek sê dit vi

 

My auntie met die sool kous, busy with washing

My toppie, dis payday, in die queue vi Kentucky

My ouma... die undefeated champ in roti ! (ek mis jou verskriklik, my anne Mammie...)

 

Ja, en jy's net naar ons sê nie mee ‘BAAS' nie!

 

Ek sê dit vi al die ‘Bushies'

Kroes of nie kroes nie!

Woes of nie woes nie!

Imagine: ‘n boer wie saad plant, en nie wil oes nie!

Check hie:

As jy dit nie like nie,

Vat jou goet en trek Ferreira,

Vat jou goet en trek vererig!

 

Daa was al ‘n Groot een, daai was history

Nie ‘n walk innie park nie

So word groot, want ek gaan nêrens sanie

 

Aanvaar dit... Ons sê nie mee, nie wee ‘BAAS' nie!

 


Comments (2)Add Comment
...
written by Majaat, October 13, 2008
Ek like jou style, problem is ek kry nie die message so clear nie...
report abuse
vote down
vote up
Votes: +0
...
written by Faaibop!, October 14, 2008
Nice one, homey! Skryf nog.
report abuse
vote down
vote up
Votes: +0

Write comment
You must be logged in to a comment. Please register if you do not have an account yet.

busy