Interview met 'n Coloured poet PDF Print E-mail
User Rating: / 0
PoorBest 
Written by Selwyn   
Monday, 29 September 2008
 

Ek het ‘n hele ruk terug ‘n interview met die Coloured poet, Vincent Oliphant gedoen.
Vincent Oliphant se emotional verse weerspieël die broosheid van die mens. Dit laat jou met ‘n feeling van magteloosheid en tog ook hoop vir die mensdom en ons Coloureds.

Die themes in sy poems is van so 'n aard dat mense daarmee kan relate.
Hy debuteer in 1983 met Bloed vloei in stilte (Tafelberg) en in 1998 verskyn Die sagte vlees (Tafelberg) wat goeie exposure kry danksy die tv-soapie Sewende laan, asook die tv-joernaalprogram Pasella.
Hy is tans curriculum advisor by die Department of Education.
Na die verwoestende veldbrande wat die Oos-Kaap gekasty het, wonder ek wanneer ‘n nuwe bundel uit sy pen soos welcome rain die droogte kom breek.
Die volgende oggend bel ek Oliphant en reël ‘n interview.

Oppad na sy huis wonder ek wat sy indrukke rondom laasjaar se Swart Afrikaanse Skrywersimposium is. Dit was juis by die heel eerste simposium waar die tonge geklap het oor Oliphant se bundel Bloed vloei in stilte omdat dit nie protes-poësie was soos van swart skrywers van daardie tydperk nie.
"Ek was te besig met ‘n struggle van my eie," glimlag hy nederig.
In sy eerste bundel is die presence van moeder en broer baie opmerklik. Hoe verskil dit van Die sagte vlees?
"Bloed vloei in stilte was baie na binne gerig; Die sagte vlees daarenteen meer gebalanseerd, meer volwasse."
Wat inspireer hom om te skryf, of verander dit soos mens ouer word?
"Dit bly nog grootliks dieselfde: Liefde, verlange, verlies... die romantic themes."
Hy het onlangs saam met sowat 130 Afrikaanse skrywers sy steun aan die petition teen dubbelmediumonderrig by die US toegesê. Ek wou weet of die bestaan van Afrikaans bedreig word en of Marius Titus in die kol is met sy poem "Skryfwerk" waarin hy sê:

"Soe, die beste manier omme taal te bewaar is:
Liesit, praattit, skryffit, ontginnit en bedryffit.
Net soelank jy my verstaan
stap skryf en taal ‘n lang pad saam."

"Ek is nie deel van die totale aanslag denkskool nie. Ek dink nie dat Afrikaans, of enige ander taal, moedswillig benadeel word nie. Benadeling kan egter ‘n onbedoelde gevolg wees. Verder is ek ten gunste van inisiatiewe wat ons veeltalige erfenis beskerm. Taal is immers nie net ‘n kommunikasie medium nie; dit is ook ‘n draer van kultuur. Dit is teen hierdie agtergrond dat ek die petition gesteun het."
Na aanleiding van sy brief wat onlangs in Rapport verskyn het lei mens af dat hy trots is om "bruin" en "kleurling" genoem te word. Daarin sê hy "Kleur is nie ‘n brandmerk nie; kleur is mooi. Kleur, met of sonder "-ling", is móói...".
Dink hy daar is belangstelling onder Coloureds wat hul taal en identity concern, en is daar stemme wat opgaan vir 'n emerging Coloured nasionalism?
"Ek hou nie van die idee van etniese nasionalisme nie. Dit klink te veel na laer trek, en impliseer ‘n ons-teen-hulle houding. Ek het in my artikel ‘n positiewe inhoud aan bruinwees of kleurlingwees probeer gee. Die negatiewe konnotasies wat aan ons as ‘n groep mense geheg word, soms selfs vanuit eie geledere, het my die laaste tyd gesteur."
Hoe dan so, Vincent? "Ek vermoed dat die voortgesette teenkanting teen die benaming kleurling daarmee te doen het dat die term gemengdheid impliseer.
Gemengdheid word dan, miskien meestal onbewustelik, teenoor suiwerheid gestel. Ek is egter van mening dat gemengdheid of hibriditeit iets positiefs kan wees omdat dit dui op ‘n wyer, ryker herkoms. Ek sou bly wees as ons intellektuele en ander meningsvormers die oormatige sensitiwiteit rondom hierdie kwessie wou laat vaar."
Hy is digter, akademikus, man, pa, maar bo als is hy mens en medemens.
‘n Uittreksel uit sy poem "woorde" gee ons ‘n goeie blik van die mens Vincent Oliphant:

"my woorde het nie die byt
van koeëls en grofgeskut nie
nee
my woorde kan bloot bid
en pleit
en wens
medeburgers van die lewe
dat ons van grense sal vergeet
en bloot mens sal wees
en medemens..."

 
< Prev   Next >

User Login

Classified Ads

Bruin-ou.com supports the campaign by MyADSL to bring cheap, high speed Internet to the South African public

Newest Groups

Our top referrers!

RankAvatarMember
#1
Name: K O KID
Invites: 11
#2
Name: Mac Daddy
Invites: 8
#3
Name: GK3
Invites: 7
#4
Name: sanchez
Invites: 5
#5
Name: tom_boi
Invites: 5

Bruin-ou.com - The Brand, The People, The Lifestyle

Copyright © 2006 - All rights reserved.

Terms and Conditions - Privacy Policy

Bruin-ou.com is proudly hosted by: